Terratek besoek Bastion

Terratek, die divisie van Suidwes wat verantwoordelik is vir Akkerbou- en grondkunde en Geografiese inligtingstelsels het op 19 Oktober Bastion se Brittenmyn besoek. Op die dag het die Bastion span die besoekers meer vertel van die produksie- en operasionele prosesse wat by die myn plaasvind waarna 'n opvoedkundige praatjie en ete die program afgesluit het.